
Dalene Matthee
1938 – 2005
14 works in the book catalog catalog
Biography
Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kinderstories en kortverhale begin het, is sy vandag veral vir haar vier “Bosboeke” bekend: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos.
Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder meer met die ATKV Prosa-toekenning (vier maal), die Suider Afrikaanse Instituut vir Boswese-toekenning (twee maal), die Switserse Stab-toekenning en die Departement van Kuns en Kultuur se SA Literêre Toekenning (postuum) bekroon. Sy is ook die enigste Afrikaanse skrywer van wie meer as 1 miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is.
Sy is op 20 Februarie 2005 oorlede en ‘n gedenksteen is vir haar in die Knysna-bos opgerig. From Memorial Page
Most-read books

Fiela se kind
4.1 · 1985 · 225 want to read

Kringe in 'n bos
3.8 · 1984 · 83 want to read

Moerbeibos
4 · 1987 · 9 want to read

Pieternella van die Kaap
2000 · 8 want to read

Toorbos
2003 · 7 want to read

Susters van Eva
1995 · 2 want to read

Die Judasbok
1982 · 2 want to read

Die uitgespoeldes
2005 · 1 want to read

'n Huis vir Nadia
1982 · 1 want to read

Die Twaalfuur-Stokkie
1970 · 1 want to read

Om 'n man te koop
2007 · 1 want to read

Brug van die esels
1992

Reader's Digest Auswahlbücher
1989

Petronella van Aarde, burgemeester
1983